Giovanni Domenico Cassini | |
Gebore | 8 Junie 1625 Perinaldo naby Nice, Republiek van Genua |
---|---|
Oorlede | 14 September 1712 (op 87) Parys, Frankryk |
Blyplek | Italië, Frankryk |
Nasionaliteit | Italië (1625–1673) Frankryk (1673–1712) |
Vakgebied | Wiskunde, Sterrekunde, Ingenieurswese en Astrologie |
Instelling(s) | Universiteit van Bologna |
Alma mater | Jesuïete-kollege in Genua |
Bekend vir | Cassini se afdeling, Cassini se wette, Cassini se ovaal |
Giovanni Domenico Cassini (8 Junie 1625 – 14 September 1712) was 'n Franse wiskundige, sterrekundige, ingenieur en astroloog van Italiaanse afkoms. Hy is gebore in Perinaldo naby Nice. Hy het vier mane van die planeet Saturnus ontdek en ook dat die ringe om Saturnus verdeel is.